Intra gee jou
veiliger, meer
toeganklike
internettoegang.

Intra beskerm jou teen DNS-manipulasie, wat ’n tipe kuberaanval is wat gebruik word om toegang tot nuuswebwerwe, sosialemediaplatforms en boodskapapps te blokkeer.

KRY INTRA

01

more open internet access

Meer toeganklike internettoegang

Met Intra kan jy toegang kry tot webwerwe en apps wat deur DNS-manipulasie geblokkeer is, wat een van die mees algemene vorms van aanlyn sensorskap is.

02

protection from digital attacks

Beskerming teen digitale aanvalle

Intra help om jou teen uitvissing en wanware te beskerm. Hierdie aanvalle word gebruik om jou persoonlike inligting, soos gebruikername en wagwoorde, te steel of om sagteware op jou toestel te installeer deur jou te herlei na vals webwerwe.

03

unlimited protection with one click

Onbeperkte beskerming met een klik

Intra is besonder gebruikervriendelik – los dit net aan en vergeet daarvan. Intra sal nie jou internetverbinding stadiger maak nie en daar is geen beperking op datagebruik nie.

04

technology you can trust

Tegnologie wat jy kan vertrou

Intra hou jou inligting privaat. Ons spoor nie na watter apps jy gebruik of watter webwerwe jy besoek nie.

Met Intra kan jy jou DNS-bedienerverskaffer pasmaak. Jy kan jou eie bediener gebruik of kies uit gewilde verskaffers soos Cloudflare of Google.

Hoe dit werk

Intra enkripteer jou internetverbinding na ’n publieke domeinnaamstelsel (DNS) -bediener. DNS-bedieners werk soos ’n kontaktelys – wanneer jy die internet gebruik, verskaf jou DNS-bediener die presiese adresse wat jy nodig het om ’n webwerf te besoek of ’n app oop te maak.

DNS-bedieners kan egter verander word om toegang te blokkeer of jou na vals webwerwe te herlei. Deur jou aansluiting aan DNS-bedieners op jou Android-toestel te enkripteer, help Intra om te verseker dat die resultate nie gemanipuleer kan word nie, en jy veilige toegang tot die internet het.

Intra werk op Android 4.0 en nuwer. Kom aan die gang in slegs ’n paar sekondes.